KomDigByMy

Meer as net 'n Digblad

KomDigByMy is meer as net 'n Digblad. Dis 'n wonderlike platform, waar jy op 'n besondere manier jou sê deur middel van Afrikaanse gedigte kan sê.

Kom Dig By My sodat die wêreld kennis kan neem!

Jy is hier:Tuis
  • Decrease font size
  • Default font size
  • Increase font size
Welkom
(11 stemme)
Geskryf deur Anria   
Saturday, 24 November 2007

Welkom by my, Anria, se digblad. Ek nooi jou uit om jou gedigte hier te plaas - die diep, die snaaks, die vreemdes en die langes. Dit wat jy neergepen het kan jy nou vir die rekenaaroë-generasie tik.

Daar is verskillende afdelings om jou te help om te weet waar jou gedig moet kom. As dit nie in een van daardie pas nie, vra ek jou om my asseblief te laat weet. Kommentaar oor en voorstelle vir die webblad is welkom.

Al ooit gewonder hoe dit sou wees om jou eie stuk grond te besit? Hierdie webblad is soos 'n eiland in die wêreld wye netwerk. Hier kan ons, ons gedigte ideale uitleef.

Alhoewel ek enige Afrikaanse gedigte verwelkom, sal jy verstaan dat ek nie enige-iets kan (of mag) plaas nie. Hou jou gedigte en grappe bo die belt. Ek is nie van plan om die kwaliteit van jou gedig te beoordeel nie maar bied jou ‘n platform waar jy op ‘n besondere manier jou sê kan sê...

 

Lees verder...
 
ROEP IN DE NAG
(5 stemme)
Geskryf deur Marie Coetzee   
Thursday, 25 November 2010
ImageROEP IN DE NAG

Ek dink aan jou in die nag;
terwyl ek op jou tuiskoms wag.

My vrese wil my versmoor;
terwyl die naglewe jou bekoor.

Hoe kan ek jou waarsku teen die bose wat loer,
as jy net wil luister na plesier se gekoer.

Ek is bang die lewe druk jou dood,
terwyl ek agterbly sonder hoop.

Is jy veilig, is jy nugter?
Waarmee is jy besig en is jy nog skugter?

En ek bly onrustig en kwaad en moeg;
solank jy net die lewe kan geniet, sal ek maar moet swoeg!

Ek kan bid en vra dat die Here jou bewaar,
totdat die spoke wat jou die nag injaag bedaar.

Ek vra Sy beskerming oor jou, solank jy leef;
En sien hoe engele met reuse vlerke om jou sweef.

deur: Marie Coetzee (7/2/10)
Lees verder...
 
Niemand
(5 stemme)
Geskryf deur Anchen De Wet   
Sunday, 19 October 2008
Donkerte is 'n swart wolk van ongelukkigheid.
Daar sit 'n grusame spektakel
'n lank geteisterde siel
alleen.
Sy ken pyn, fisiek en emosioneel
Sy weet van die wrede lewe
wat sy klou bloeddorstig om haar slaan
en bloedsuier-agtig
haar dreineer van alle geluk.

Ysige oe staar in die duisternis
swarter as die hoeke om 'n wolf se mond
opsoek na lig
'n teken van vriendskap
Niemand.
Hongerig verlang sy na liefde
trane loop oor die melkwit wange
Niemand.

Staar na die mes tussen uitgeteerde vingers
haar oe knyp toe -
wil geen teken van haar dade aanskou
die lem sny
en bring toe die vloei van 'n rooi rivier.
Pyn bring verligting
Pyn is haar enigste vriend.
Nog altyd maklik verkrygbaar
altyd daar.

Angskrete bly ongehoord
sy is sonder troos
Alleen het sy geleef
Alleen sal sy sterf.
Lees verder...
 
Onvolledige Engelse Ontbyt
(1 stem)
Geskryf deur Anria Lourens   
Thursday, 25 November 2010

Oorkant rus 'n bed sonder lyf
met die sing van 'n alarm se opstaantyd.
Om't ewe of ek oopmond lê en snork
...want ek's die enigste een wat wakker word.

Al maak ek tee vir twee
en sit botter op soos konfyt,
sit ek steeds alleen teen middernag
en praat met myself in die kombuis.

Ingewikkelde landsreëls en dokumente
maak Maart en September albei Lente.
Later sal ons seisoene ruil,
die kamer steeds net een alarm huil.

2010-11-25

21:21:52

Lees verder...
 

Registrasie

Klublede

My Profiel

Wies aanlyn?

Geen gebruikers op die werf

Wat sê jy hiervan?

Dig jy in suiwer Afrikaans?
 

Nuutste gedigte skakel